Plaas press@tlu.co.za in jou adresboek om te verseker dat jy hierdie e-pos ontvang. Indien hierdie e-pos nie reg vertoon nie kyk na die aanlyn-weergawe.
 

WAT GEBEUR BY TLU SA

 
Van die President se Lessenaar

Die Bybel sê dat dit wat is, reeds was en dat dit wat was, weer sal wees. Ons ervaar die waarheid ook dan in hierdie tyd. Wie sou ’n maand terug kon dink dat ons hier aan die einde van April reeds vyf weke in afsondering sou wees?

Landbou in
‘n oogwink

Statistiek Suid-Afrika het onlangs die resultate van hulle 2017 Landbou opname bekend gemaak. Dit vertel ‘n interessante storie oor landbou is Suid-Afrika. Die eerste deel handel oor die plaas-eenhede in Suid-Afrika en elke bedryf se bydrae tot die landbou-ekonomie.

Minister se
taakgroep

Die minister van landbou het met die aanvang van die regulasies oor die beheer oor COVID-19 'n taakspan saamgestel om haar te adviseer oor hoe die voedselketting in stand gehou moet word.

Waarde van
landbou

Nog nooit in die onlangse geskiedenis het die belangrikheid van landbou so sterk na vore gekom soos wat nou die geval is nie. Met die inperking het die vloei van voedsel na sekere gemeenskappe reeds begin afneem en het opstande in die verband reeds begin kop uitsteek.

 
Waardeketting meer gekompliseerd

Die rol van sosiale netwerke speel deurlopend ‘n groter rol in die samelewing. Ons is dankbaar dat dit positief gebruik kan word en ons poog om dit so effektief as moontlik aan te wend.

Leierskap in
die tyd

Elke boer is 'n leier in eie reg. Daar word daagliks besluite geneem wat die toekoms van die boerdery beïnvloed. Deur seker te maak dat die besluite ingelig is, sal dit makliker maak om die uitdagings te oorkom.

Arbeid tydens inperking

Elke plaas is 'n besigheidsentiteit in sy eie reg en daar kan nie een stel reëls gemaak word wat almal sal pas nie.

Benutting en
waarde van tyd

Met die roetines in huishoudings wat tydens die inperkingstyd op die een of ander manier ontwrig is, is dit nou die geleentheid om bietjie retrospeksie te hou oor ons dag tot dag bestaan.

 

SAMEWERKING EN GELEENTHEDE

 

DIE WAARDE VAN TLU SA

Tydens die inperking vir COVID-19, en veral in die begintydperk, is TLU SA oorval met navrae oor wat boere te doen staan.

Ooglopend was omtrent 98% van hierdie navrae afkomstig van nie-lede. Dit het mens nogal laat wonder oor hoe baie keer die bydrae wat gemaak word deur die georganiseerde landbou as vanselfsprekend aanvaar word. Almal benut deurlopend die voordele wat indirek beding word en dit is bykans onmoontlik om sekere voordele net vir lede te beding.

Daar is op feitlik elke terrein deurlopend aksies aan die gang in belang van landbou. Dit is hartseer dat ons eers 'n virus nodig gehad het om mense die waarde van TLU SA te laat besef.

 

VERVOER | PERMITTE SE CHAOS

Sedert die begin van die inperking was dit duidelik in die regulasies gestipuleer dat boere – wat as noodsaaklike diens uitgesluit is van die inperking – ‘n begeleidende skrywe benodig vir hulle, sowel as hulle werkers, indien hulle op paaie en selfs oor provinsiale grense heen beweeg.

Die skrywe benodig sekere besonderhede soos uiteengesit in die voorbeeld wat TLU SA uitgestuur het. Later is bepaal dat die ID nommers van die werkgewer sowel as die arbeider ook daarin moet verskyn. 

Die DTI het 'n registrasie van maatskappye wat noodsaaklike dienste moet verrig – die sogenaamde CIPC sertifikaat – geïmplementeer. Met die verlengde inperking is van maatskappye verwag om hulle CIPC sertifikate te hernu. Dit is 'n eenvoudige proses wat maklik werk vir maatskappye. 

 
 
 

VEILIGHEID

VEILIGHEID TYDENS DIE VERKLAARDE RAMPTOESTAND LANDBOURAPPORT NASIONALE LANDBOU VEILIGHEID STRATEGIE

Dit is duidelik dat daar nie eenvormigheid tussen affiliasies, sowel as tussen streke bestaan nie. Gegewe die plaaslike SAPD-standpunt is dit wel moontlik dat daar verskillende interpretasies ten opsigte van die aanwending en benutting van Plaaswagte mag bestaan. Ander organisasies het reeds formele opklaring versoek terwyl TLU SA die kwessie aangeroer het op die verskillende forums waartoe toegang reeds bestaan.

Die benadering dat boere tot patrollering op eie eiendom beperk is, is beide nie ten opsigte van moontlike uitputting en gevolglik ook ten opsigte van volhoubaarheid, asook voldoende mannekrag in kritiese situasies, na behore uitvoerbaar nie.

Affiliasies word versoek om die LANDBOURAPPORT te ondersteun en terugvoer aan die betrokke Streeksbestuurders te besorg.

Tot verdere kennisgewing word een weergawe weekliks ingedien – naamlik op Dinsdae.

Hierdie rapporte verskaf waardevolle insigte in die stand van sake nie net vir streke nie, maar ook vir die Hoofkantoor.

Lede word versoek om hulle weereens te vergewis van die goedgekeurde model van die NLVS (weergawe 3) wat vroeër vanjaar versprei is asook die riglyne en wenke vervat in Veiligheidsbulletins wat heel moontlik onder huidige omstandighede handig te pas behoort te kom.

 

NUUS UIT DIE STREKE

DIE OOSSTREEK
 

Boere in die Oosstreek begin om sojas te stroop, maar die eerste aanduidings is dat die opbrengs nie so hoog gaan wees. Die Gro Cap-markprys draai hier by R6 700 per ton, wat ʼn goeie opbrengs is. Laat reën het egter geval in Emelo, Middelburg en Bethel wat die proses bietjie vertraag het.

Groente en vrugte word steeds uitgevoer na naburige lande en aartappels en kool is byvoorbeeld per pad na Mosambiek uitgevoer.

Veeveilings het voortgegaan, maar die pryse was nie so goed nie. Dit blyk dat kopers by veilings in die afwesigheid van boere saamgespan het. Een boer van Ermelo het ‘n baie swak prys vir ou koeie gekry en besluit om nie weer op die kanaal te bemark nie.

Daar was ʼn toename in veediefstal van veral beeste. Op 15 April is 45 skape oornag op ʼn plaas tussen Ermelo en Amersfoort van Karel Gert Steenkamp gesteel.

Mielies word teen ‘n tempo uit lande weggedra, maar in baie gevalle kom die SAPS nie by optrede en vervolging uit nie. Die voorvalle kan negatiewe implikasies inhou vir landbouers en gaan moeilik wees om te stop. Die boere en SAPS gaan egter voort met veediefstal operasies wat oor die algemeen suksesvol is. Daar is byvoorbeeld tydens een operasie 15 gesteelde beeste teruggekry.

Die voorkoms van positiewe corona-gevalle onder die plaaslike bevolking, is teen die verwagting laer as wat verwag is. Drie boere is tot dusver aangetas, maar is alweer gesond en aktief op plase.

BOODSKAP VAN DIE NOORDSTREEK
 

Ekonome en politici praat daagliks oor die ekonomiese effek van die inperking op die land, en selfs die wêreld.
Die wêreld het reeds verander met ‘n sigbaarheid van hongersnood, armoede en ellende soos wat dekades laas gewaar is. Wat sê ons dan vir mekaar onder hierdie omstandighede?

Antwoorde is min, waar daar enigsins antwoorde is, en dikwels is daardie antwoorde ontoereikend. 

TLU SA se werksaamhede het gedurende die tyd van inperking drasties toegeneem, en die amptenary werk veel harder van hulle huise af om aandag aan al die probleme te gee. Soms is daar suksesse, maar meestal is daar dowe ore.
Dit word egter al hoe meer duidelik dat die inperking nie vinnig algeheel gelig gaan word nie, en waarskynlik sal bepaalde regulasies in stand gehou word. Dit beteken ook dat die landbou omgewing anders gaan moet opereer in die toekoms. Dit is nog ‘n ope vraag hoe dit gaan gebeur, en sal mettertyd eers duidelik word.

Ons moet net nie wanhopig word nie. Die toekoms is vir almal van ons ewe onseker, en ons gaan hom saam moet uittrap. Net so moet ons waak teen valse beloftes of selfs net valse verwagtinge.

Laat ons eerder maak soos Winston Churchill aan die begin van die Tweede Wêreldoorlog. Hy het sy volk niks belowe nie, maar al wat hy hulle kon belowe is dat hulle met bloed, sweet en trane daardeur sou kom.
Dit moet ook ons boodskap wees aan ons mede-boere en volksgenote. Boonop weet ons dat ons lot uiteindelik is in die Hoër Hand, ons Almagtige Vader, wat al voorheen uitredding gegee het, en dit weer sal doen.

Ons moet intussen aangaan met ons lewe, ons roeping en ons dagtaak. Laat ons dit goed en met oorgawe doen. Ons doen dit nie vir ‘n ondankbare sosialistiese regering nie, maar vir ‘n hoofsaaklik dankbare bevolking wat steeds kos op hulle tafel kry, en vir ons gesinne, wat daardeur versorg word.

Die beroemde prins Willem van Oranje, wat uiteindelik die Nederlanders help verlos het van die Spaanse juk gedurende die Tagtigjarige Oorlog, het gesê: “Het is niet nodig te hopen om te ondernemend, noch te slagen om te volharden.” (Vertaal: Dis nie nodig om te hoop om met iets te begin nie, en nie nodig om te slaag om vol te hou nie.)

Laat die realiteit van ‘n (soms omstrede) Churchill en die filosofie van ‘n Willem van Oranje, gesteun deur die Woord van God, ons riglyn en motivering wees in die moeilike tye. Sterkte aan al ons boere en ons lojale verbruikers!

 

ADVERTENSIE

 
 

SANTAM

Santam Agriculture is a dedicated business unit within the Santam family, with agricultural business brokers and the farming community as its primary focus. As a dedicated partner in agriculture, one of Santam Agriculture’s goals is to guarantee both stability and sustainability in all agricultural practices.

Silage is an important part of a producer’s business as it enhances effectiveness and drives profitability. Ultimately, the goal is to increase production by enhancing feed quality with fewer input costs and minimal impact on the environment.

The Santam Agriculture National Silage Competition will be presented for the seventh time in 2020. Santam Agriculture has been the name sponsor of this competition since its inception and its aim is to spearhead growth and sustainability throughout the agricultural sector.

Read more here

 
 

VELDTOGTE EN AKSIES

 
PLAASVARS E-MARK

Met TLU SA se Plaasvars e-Mark is daar nou die geleentheid vir die verbruiker om direk met die boer te gesels oor produkte.

Die platform werk eenvoudig:

  • Die boer laai die inligting en beskikbare produkte met ‘n foto of twee
  • Die verbruiker besoek die mark en kies die produkte waarin hy of sy belangstel
  • Die boer en verbruiker praat direk met mekaar om ‘n transaksie te beklink

Help ons boere om eerlik en eerbaar ‘n bestaan te maak.

Koop plaasvars

Besoek die platform deur hierdie skakel.

 
AKTIVEER DIE PLAASWAGTE

Die SAPD en PLAASWAGTE werk suksesvol saam om landelike veiligheid te verseker. Sedert die tydperk van inperking word PLAASWAGTE egter verhoed om patrollering te doen.

Daar is ‘n merkbare en kommerwekkende toename in die diefstal van produkte en lewende hawe sedert PLAASWAGTE nie meer mag patrolleer nie. Dit bedreig die voedselsekerheid in Suid-Afrika en kan uiteindelik lei tot anargie.

Steun TLU SA se petisie aan die minister van polisie, Bheki Cele en president Cyril Ramaphosa om PLAASWAGTE te aktiveer. Ons sal jou petisie aan Cele en Ramaphosa stuur.