Sakeliga KragDag 2020 bied díe geleentheid in die jaar vir die bekendstelling van tegnologie, produkte en opvoedkundige inligting oor alternatiewe en volhoubare lewenstyloplossings - van daar ons leuse “Doen jou eie ding!”.
Die karakter van die ekspo is ‘n besigheid- en leersame geleentheid in ’n karnaval atmosfeer vir die hele gesin.
KragDag 2019 is deur 21 400 ekspogangers bygewoon en opgewondenheid is reeds aan die toeneem vir KragDag 2020 met die verwagting van talle nuwe-tegnologie oplossings wat ‘n alternatiewe selfstandige lewenstyl meer moontlik maak.
'n Soeke na oplossings vir die talle staatsfalings en die land se water- en energiekrisis, asook 'n uitsien na die landbou sub-ekspo (na 'n suksesvolle eerste aanbieding in 2019) sowel as verskeie ander nuwe toevoegings tot die program, bied die verwagting van duisende addisionele gemotiveerde kopers by KragDag 2020.
|