Die media en ander belangstellendes word genooi om die bekendstelling van TLU SA se halfjaarlikse syfers oor plaasaanvalle en -moorde op 11 Julie 2019 by te woon.

President Ramaphosa rep steeds geen woord oor plaasmoorde en misdaad op plase, hoewel hy reeds verskeie geleenthede gehad het om dit die nodige erkenning te gee. Die redelike mens kan dus aanvaar dat hy en dus die ANC-regering hierdie misdaad as minderwaardig ag en dit selfs goedkeur.

TLU SA nooi belangstellendes om ‘n mediakonferensie hieroor by te woon.

Die volgende sake sal tydens die geleentheid toegelig en bepreek word:
• Die sesmaandelikse misdaadtendense van plaasmoorde en -aanvalle
o Genl. Maj. Chris v Zyl (aft), Adjunk-Hoofbestuurder TLU SA
• Evaluasie van die Suid-Afrikaanse realiteit:
o Louis Meintjes, President TLU SA
• Die omvang van misdaad in Suid-Afrika met die fokus op die brutaliteit van die misdaad
o Dr. Johan Burger: Instituut vir Sekerheidstudies
• Die redelike mens se optrede gegewe die aanpasbaarheid van die Gemene Reg
o Prof. Llewellyn Curlewis – Universiteit van Pretoria

Na afloop van die spreekbeurte sal daar tyd gegun word vir vrae en antwoorde.

Die media en belangstellendes word genooi om die geleentheid by te woon:

Datum: Donderdag, 11 Julie 2019
Tyd: 10:00
Plek: TLU SA Hoofkantoor, James Rylaan 194, Silverton

Navrae: Mnr Louis Meintjes, President TLU SA,
Sel.: 082 461 7262

Genl. Maj Chris van Zyl, Adjunk-Hoofbestuurder TLU SA,
Sel.: 072 716 9299