proagri

Media bedank vir bydrae tot landbou-beriggewing

Media_Funksie_2009_Anel_Heydenrich

TLU SA nooi elke jaar die media na ‘n spesiale media funksie om hulle te bedank vir die wyse waarop hulle TLU SA en landbou in die algemeen se standpunte in die media dra.

Sedert verlede jaar is ‘n noukeurige proses in werking gestel om dekking van TLU SA in die media te monitor.  Aangesien TLU SA hierdie jaar besondere dekking in die media gekry het, is besluit om die toekennings wat jaarliks vir uitstaande joernalistiek, vanuit TLU SA se oogpunt, toegeken word, te vermeerder.  Basies dieselfde kategorieë as in die verlede is gehandhaaf, maar met sekere uitbreidings.

Tydens hierdie jaar se media-funksie was heelwat lede van die media teenwoordig, en het hulle ook die geleentheid gehad om nadere kennis te maak met TLU SA se ampsdraers en bestuurders.

In  elke media-kategorie is ‘n geraamde sertifikaat toegeken aan dié persoon wat na die oordeel van TLU SA ‘n uitsonderlike bydrae gelewer het, terwyl nog twee ongeraamde sertifikate aan persone wat verdienstelike dekking aan TLU SA verleen het, oorhandig is.

Die volgende toekennings is by die geleentheid gemaak:

1.    In die geskrewe landboumedia: Isabel Stoltz (Landbouweekblad: geraamde sertifikaat), Drieka Burger (Farmer’s Weekly) en Nico van Burick (Landbouweekblad) die twee ongeraamde oorkondes
2.    In die geskrewe nie-landbou media: Sarel van der Walt (Beeld, geraamde sertifikaat); Hennie Duvenhage (Sake24) en Anita Morkel (Die Afrikaner) die ongeraamde oorkondes
3.    Op TV: Christelle Raubenheimer (SAUK: Geraamde sertifikaat), Henk Joubert (e-tv), en Danie Hefers (SAUK Fokus), die ongeraamde oorkondes.
4.    Op radio: Annemarie Joubert (Radio Pretoria: Geraamde sertifikaat), Suzanne Paxton (SAUK) en  Kobus Rudolph (Radio Rippel) die ongeraamde oorkondes
5.    Die toekenning aan die persoon wat gedurende die jaar die TLU SA se standpunt oor aktuele landbousake op buitengewone wyse aangespreek het, het gegaan aan die voormalige President van TLU SA, mnr. Gert Ehlers, vir sy besondere wyse waarop hy soms skeefgetrekte beriggewing oor TLU SA, in sy gereelde rubriek in Die Afrikaner in perspektief gestel het.  Daarvoor het hy die Geraamde Sertifikaat ontvang.  Die ongeraamde oorkonde is slegs aan een persoon toegeken, naamlik Annelie Coleman van Farmer’s Weekly.

 

Media_funksie_2009_Danie_Hefers

 

Foto Heel bo:  TLU SA Hoofbestuurder, mnr. Bennie van Zyl, in gesprek met Ané Heydenrich van SAUK Monitor.

 

Onderste foto: TLU SA Adjunk-President, mnr. Louis Meintjes, in gesprek met Danie Hefers van SAUK se Fokus-span.  In die agtergrond is Anina Peens van Radio Pretoria

Taal/Language