proagri

Mediaverklaring: Nuwe Minister van Polisie

 

Die passie wat die nuwe Minister van Polisie, Fikile Mbalula, vir die lede van die polisie openbaar, is lofwaardig, en dit is goed dat hy hulle aanmoedig om vuur met vuur te beantwoord. “Dit is die enigste manier waarop die land se misdadigers die boodskap sal kry dat hulle hul rieme gaan styfloop,” sê mnr. Henry Geldenhuys, Adjunk-President van TLU SA en ook Voorsitter van die Veiligheidskomitee.

 

“Waar ons alle simpatie het met die feit dat polisielede daagliks vermoor word, wil ons die Minister daarop wys dat daar per kapita van die bevolking, meer boere in Suid-Afrika vermoor word, en dat om ‘n boer in die land te wees, volgens daardie statistiek selfs gevaarliker is as om ‘n polisielid te wees.

 

“Daarom wil ons die Minister vra dat die boeregemeenskap en die polisie mekaar sal ondersteun tot wedersydse voordeel en veiligheid, en dat plaasaanvallers insgelyks met vuur beantwoord sal word as hulle vuur wil uitdeel,” sê mnr. Geldenhuys.

 

Taal/Language