proagri

Mediaverklaring: Burgerlike Protes - TLU SA Standpunt

Burgerlike Protes: TLU SA Standpunt
 
TLU SA skaar homself by die groeiende weerstand teen President Zuma en die onlangse verwikkelinge wat gister tot Standard & Poor’s se stap gelei het om die RSA ekonomie tot Rommelstatus af te gradeer. Die president se kortsigtige dog verreikende besluite strek tot nadeel van die deursnee bevolking en die gevolge daarvan, veral op finansiële gebied, sal nog lank gevoel word. Op hierdie manier betaal onskuldige en wetsgehoorsame landsburgers die prys vir subjektiewe en selektiewe bevoordeling en benadeling van mense wat dit die minste verdien. Terwyl die president groot gewag maak daarvan om mense se waardigheid te herstel, het dit ‘n vernietigende effek op diegene wie se waardigheid deur rasgebaseerde wetgewing, ideologiese beleid en ongekende geweldsmisdaad teen weerloses vernietig word.
 
 

Taal/Language