proagri

TLU SA positief vir 2017

TLU SA en sy lede sien uit na 2017, sê mnr. Louis Meintjes, President van TLU SA.

 

Al is daar donker wolke aan die horison, is dit ook so dat elke donker wolk 'n silwer randjie het. TLU SA wil in 2017 fokus op die silwer randjies, en kyk hoe hy kan help om daardie randjies te help ontwikkel tot 'n skitterende sonstraal.

Waar die lewe betreklik relatief is, en mense en organisasies kom en gaan, is dit egter so dat landbou onsterflik is. Landbou was van altyd af, en solank daar mense op aarde is, sal landbou moet bestaan, want elkeen het elke dag kos op sy tafel nodig.

 

Daarmee wil TLU SA nie sê dat hy ook onsterflik is nie, maar dit is in 2017 vir TLU SA 'n besondere voorreg om reeds 120 jaar deel van daardie een noodsaaklike bedryf te kan wees, en dat hy sy deel, soms groter en soms kleiner, kon bydra om daardie krities belangrike bedryf stewiger en vaster te maak in Suid-Afrika deur die kommersiële boer se belange te verskans.

 

Soos die vorige 119 jaar, sal dit ook weer TLU SA se visie en strewe wees vir die komende jaar, en daarom wens hy elke boer in die land sukses toe vir 2017, met die oproep: bly kyk na bo, waar nie net reën vandaan kom nie, maar ons elke dag se Hulp.

Taal/Language