proagri

Adjunk-president van TLU SA in plaasaanval

louis-meintjies

Die Adjunk-president van TLU SA, mnr. Louis Meintjes, en sy vrou, Erika, was die jongste slagoffers van 'n plaasaanval op hulle plaas naby Cullinan, oos van Pretoria.

   Die President van TLU SA, mnr. Ben Marais, was geskok om van die nuus te verneem, en het het gevra waar die aanvalle op boere gaan ophou, as nou al tot leierboere geteiken word?

   Mnr. Meintjes en sy vrou was Maandagaand 21 Desember 2009 in hulle huis, toe hulle hoor dat iemand met geweld toegang tot hulle huis verkry.  Mev. Meintjes is na 'n veiliger deel van die huis geneem, terwyl mnr. Meintjes homself so opgestel het, dat hy hulle kon inwag as hulle verder die huis sou binnedring. Daar was skynbaar drie potensiële moordenaars in die huis, en toe hulle mnr. Meintjes gewaar, het hulle op hom begin skiet. Hy was paraat en kon vuur met vuur beantwoord, en hy het inderdaad een of meer getref.  Hulle het uit die huis gevlug, en 'n bloedspoor het getoon dat van hulle getref is.

   Die spoor kon eers weer teen eerstelig opgevolg word, en kon sowat twee kilometer gevolg word, tot waar hulle waarskynlik in 'n motor weggevoer is.

   Die polisie het vingerafdrukke by mnr. Meintjes se huis geneem.

   Mnr. Meintjes en sy vrou is fisies ongedeerd, maar mev. Meintjes is nog getraumatiseerd deur die voorval.

Taal/Language