proagri

TLU SA Gebou

TLU SA is gehuisves in die TLU SA Gebou in Jameslaan 194, Silverton, Pretoria.

Die maatskappy wat die gebou besit, bestaan uit lede van TLU SA.

Benewens die kantore wat deur TLU SA self gebruik word op die eerste vloer, word die ander kantore verhuur. Tans is daar op die boonste vloer nog kantoorspasie beskikbaar om te huur. Vir meer inligting skakel Ute by (012) 804-8031.

Die Org Wenhold-konferensiesaal is al bekend vir die talle TLU SA-funksies wat daar aangebied is.  Maar ook talle buite instansies maak graag van die netjiese konferensiefasiliteite gebruik wanneer dit nie deur TLU SA self gebruik word nie.  Die netjiese konferensiesaal kan sowat 110 mense huisves, en kan gehuur word teen billike tariewe.  'n Kombuis is ook beskikbaar, en breekgoed kan bykomend gehuur word.

Vir nadere besonderhede oor die huur van die konferensiesaal, kan navrae gerig word aan:
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
of skakel Runel by (012) 804-8031.
 
 
gebou1
gebou2
gebou3
gebou4
 

Taal/Language